Close

Orban Laerskool

Ons leer leef!

Meer oor Orban Skool

Orban is ’n parallelmediumskool. Ons verbind ons tot uitmuntende onderrig en ’n hoë akademiese standaard. Ons glo die taal van onderrig is net so belangrik soos die inhoud, daarom het ons Engelse en Afrikaanse klasse, sowel as Zoeloe wat van Graad R af as tweede addisionele taal aangebied word.  

Ons bied
  • Daar is op die oomblik twee Engelse en een Afrikaanse klas per jaargroep. 
  • Ons volg ’n verrykte kurrikulum wat oor vier kwartale en alle kennisvelde strek: Taal, Lewensvaardigheid, Sosiale Wetenskappe, Wiskunde, Natuurwetenskap, Tegnologie, sowel as Zoeloe, Rekenaars en Liggaamsoefening. Musiek, Kuns, Drama en Dans geniet spesiale fokus en vorm deel van ons kurrikulum. 
  • Ons onderwysers word met die hand uitgesoek vir hul kundigheid en kwalifisies in hulle spesifieke spesialiteitsvelde. Klasse is nie groter as 20 leerders nie – dit verseker dat ons kinders die beste moontlike aandag en ondersteuning in die klas geniet. 

  • Orbanskool inkorporeer die STEM-program en berei leerders vir latere navorsing in velde soos Wetenskap en Programmering voor deur hulle fundamentele kennis en basiese vaardighede in Natuurwetenskap, Tegnologie en Wiskunde te konsolideer. Ons leer kinders om met hulle hande te werk, om verskillende materiale vir verskillende doeleindes in te span en om al die boublokke wat tot ’n studieveld soos Robotika lei, te begryp. Ons kyk na meganiese stelsels, elektriese stelsels en die vaardighede om dit te bou. ’n Huidige voorbeeld is die Graad 7-projek waar klein groepies leerders hulle eie albasterrenbaan op die beginsels van ’n elektriese stroombaan uit afvalmateriaal moet ontwerp en bou. 

  • Musiek, Kuns, Drama en Dans vorm reeds van Graad R af deel van ons kurrikulum. Elke leerder – van Graad 1 tot 7 – neem deel aan die Nasionale Eisteddfod in ’n groeps- of individuele item. Orbanskool wen nou vir nege jaar in ’n ry (sedert 2010) die toekenning vir Beste Algehele Prestasie vir ’n Instansie in die Johannesburgstreek (die streek sluit laerskole, hoërskole en privaat instansies in die Suide, Sentraal en Ooste van Johannesburg in). Ons dinamiese Kunste-departement verseker dat die leerders dit geniet om deel te neem en met selfvertroue voor ’n gehoor optree. Orbanskool bied ook jaarliks ’n professionale verhoogproduksie aan, waarby elke leerder in die skool betrek word. Voorbeelde sluit in die Suid-Afrikaanse premiére van Xanadu vroeër vanjaar, Peter Pan, Fame Jr, Alice in Wonderland, Mulan en meer. 

  • Ons bied ook ’n jaarlikse Kunsuitstalling aan as oorsig oor die kuns wat die leerders regdeur die jaar gedoen het. Alle leerders se werk word uitgestal, asook alle Eisteddfod-wenwerke. 

Ons Onderwysers

Graad 1

Gr. 1 A - Ingrid Reyneke
Gr. 1 EA - Annalize Els
Gr. 1 EV - Adéle vd Bergh

Graad 2

Gr. 2 A - Karli Ferreira

.

Gr. 2 EP - Padré Swanepoel
Gr. 2 EW - Wilmarie Ochse-Heine

Graad 3

Gr. 3 A - Anne De La Rey
Gr. 3 EE - Erica Olckers
Gr. 3 ES - Simoné Fourie

Graad 4

Gr. 4 A - Hesmé Pennels
Gr. 4 EC - Claudine Breedt
Gr. 4 - Elsabè Schutte

Graad 5

Gr. 5 A - Onickè Swanepoel
Gr. 5 ED - Dudu Vilakazi
Gr. 5 EV - Vicky Hall

Graad 6

Gr. 6 A - Ryno Effenberger
Gr. 6 ER - Ronewa Mphephu
Gr. 6 ES - Sarie Germishuys

Graad 7

Gr. 7 A - Jana Pretorius
Gr. 7 EB - Barbara Schutte
Gr. 7 EL - Lindy Phaal