Close

Orban Kleuters

Ons leer deur speel

Ons Kleuters

Gespesialiseerde en gefokusde aandag aan vroeë kinderontwikkeling kweek kinders wat lewenslank nuuskierig, leergierig en vol selfvertroue oor hulle vermoëns is. ’

n Groot hoeveelheid opvoedkundige besoekers kom vermaak ons kinders elke jaar met instappies soos poppekas, klaskamerteater en oulike praatjies wat spesifiek daarop gemik is om voorskoolse kinders se aandag te trek. Voorbeelde van besoekers sluit die brandweer in wat ons kleuters lag-lag en speel-speel van veiligheid leer, die veearts (met ’n paar diere op tou), die tandarts, en verskeie reisende teatergroepe en kleuterboekbekendstellings. Ouer kleuters (4 jaar en op) gaan ook op een uitstappie per jaar.

Ons speelgrond maak voorsiening vir ouderdomsgepaste aktiwiteite en het speelapparaat vir kleuters van alle ouderdomme. Die jaarlikse konsert is ’n spoggeleentheid en ’n hoogtepunt vir almal wat daarby betrokke is – veral wanneer ons kleuters vir die laerskool konsert hou!

 

'n Dag in ons klas

Orban se voorskoolse aktiwiteite laat jou kind speel-speel ons fassinerende wêreld ontdek en ontwikkel slim klein lyfies. Sommige aktiwiteite is natuurlik eenvoudig suiwer pret.

Aankoms en vryspel
Opruimtyd en toiletroetine
Weerkaart, register en nuus
Eerste Kring

Temabespreking, taalontwikkeling, natuurwetenskappe en perseptuele vaardighede

Kunsaktiwiteit

Teken, sny, plak, verf, collage, deegspel, konstruksie en bak en brou

Opruimtyd
Beweging- of musiekkring
Etenstyd
Buitespel

Kleuters in ons jonger klasse (onder die ouderdom van 5) keer om
11: 30 terug klas toe vir storie- en rustyd.

Toiletroetine
Storietyd
Vryspel binne / snack tyd
Náskool begin
Middagete vir náskoolkinders

Ons klasse

Ons kleuterdepartement is groot genoeg om skool opwindend te hou, maar klein genoeg om seker te maak dat ons onderwysers te alle tye jou kind in oog kan hou. Die kleuterskool is parallelmedium. In elke ouderdomsgroep word klasse onderskeidelik in Afrikaans en Engels aangebied.

Pandaklas (2-3 years)

Onderwyser: Thea Müller
Klasassistent: Lauretta Masetloa
Afrikaanse klas

Juffrou Thea se superkrag: 

I can read a child’s thoughts and feelings. 

Ek som ’n kind vinnig korrek op 

My  Panda’s:

Julle gaan die generasie wees wat mekaar en die wêreld gaan verander. Julle gaan nuwe planne uitdink om die natuur te beskerm en om herwinningsprojekte na ʼn ander vlak te neem. Julle gaan die wêreld op sy kop draai!

Jungle Tots class (2-3 jaar)

Onderwyser: Bianca Diedericks

.

Klasassistent: Matshabu Rapati
Engelse klas

Juffrou Bianca se superkrag: 

Verwondering

My Jungle Tots:

Saam met julle ontdek ek die wêreld van nuuts af! Elke oomblik is ’n leergeleentheid en elke leergeleentheid is ’n fantastiese geleentheid. Die wêreld gaan vir julle oop soos ’n blom wat ontvou. Só bly ons almal in konstante verwondering. Kom ons geniet die reis!

Eendjieklas (3-4 jaar)

Onderwyser: René Linde
Klasassistent: Lauretta Masetloa
Afrikaanse klas

Juffrou René se superkrag: 

Liefde, eenvoudig liefde!

My Eendjies:

Eendjies, wanneer julle by my kom, is julle maar nog klein. Dan, wanneer een van julle skielik ’n nuwe vaardigheid regkry omdat jou vingers, voete, lyfie en/of kop geleer het om op ’n spesifieke manier saam te werk , is daar soveel LEKKERKRY – vir julle en vir my! Dis hoekom ek dit so geniet om saam met julle kuns te doen. Só leer jy om jouself uit te druk. Selfbeeldbou begin hier.

Dragonfly class (3-4 jaar)

Onderwyser: Chrisstel Ras
Klasassistent: Esther Mphuthi
Engelse klas

Juffrou Chrisstel se superkrag: 

Toorwoorde: Roetine, roetine, roetine

My Dragonfly-klassie:

Elke dag is ’n nuwe leerervaring – vir julle en vir my. Net om te sien hoe julle van die begin van die jaar af fisiek groei, is reeds ’n reuse-voorreg. Julle verbeelding begin op grootskaal inskop. Soms moet ons laf wees, soms moet ons sing – en ons moet genoeg tyd maak om met al ons sintuie te ontdek.

Skatkisklas (4-5 jaar)

Onderwyser: Dienie Wilters
Afrikaanse klas

Juffrou Dienie se superkrag: 

Navorsing. Dit inspireer my en ek wil alles toets.

My Skatkis-maatjies:

In die Skatkisklas gaan julle vir die eerste keer leer om in groepe saam te werk en maatjies moet saam leer om te redeneer en te besluit – dis wonderlik om daardie proses te kan ontsluit. Só leer julle hoe om julleself binne ’n groep te handhaaf. 

Op 4-5-jarige ouderdom begin julle om verantwoordelikheid vir julle gedrag te aanvaar. Dis ’n kosbare en opwindende jaar.

Treasure Cave class (4-5 jaar)

Onderwyser: Catrien Tempelhoff
Engelse Klas

Juffrou Catrien se superkrag: 

Ons laat mekaar lag!

My Treasure Cave-maatjies:

Die twee kosbaarste dinge in my klas is: spontane kreatiwiteit en eenvoudig om te lag! – dis wat my laat opstaan in die oggend en waarom ek kleuteronderwys so geniet. 

Daar’s ’n rede waarom die kinders in my Treasure Cave-klas “skatte” genoem word – julle is kosbaar. Ek sal bitter graag ná elke dag wil hê elke kind moet  huis toe gaan en sê: ek het ’n fantastiese dag gehad!