Naby

Peutersentrum

Die peuters by Orban (tussen 1 en 2 jaar oud) word apart van die kleuter- en laerskool versorg, om hulle vrede en veiligheid te verseker. Hulle het hulle eie speelgronde – binne en buite. Ons voer hulle gesonde kos, ruil hulle doeke en verseker ’n rustige oggenslapie. Tussendeur hierdie roetine-aktiwiteite het ons hope pret met rympies en liedjies, maak ons morsige prentjies en leer van kleure, vorms en hoe om maatjies te maak.