Naby

Skoolgronde

Die skoolgeboue word deurlopend onderhou en restourasie vind gedurig plaas, omdat die geboue meer as 70 jaar oud is. Die skool het uitgebrei en ’n paar buurhuise is nou by die skool ingelyf.

Die parkeerterrein, sowel as die sportvelde wat die skool omring, behoort aan UJ. Die skool het spesiale toestemming om hierdie fasilitetie te gebruik, maar daar is beperkings op ons gebruik. Dit beteken dat die gebruik van velde gekanselleer kan word as UJ vind dat daar skade aan die velde gerig word, wat soms tydens nat weer kan gebeur.