Naby

Laerskool

Orban bied met trots ’n uitsonderlike hoë akademiese standaard. Ons streef daarna om die beste uit elke leerder te haal – van hulle eerste tot hulle laaste dag by Orbanskool – in alle kennisvelde: van tale en lewensvaardighede tot wetenskap en wiskunde, asook in musiek, kuns en drama. Ons onderwysers word met die hand uitgesoek, wat meebring dat ons personeel hoogs gekwalifiseerd en ervare in hulle onderskeie velde van kundigheid is. Klasse oorskry nie ’n leerdertal van 20 nie. Dit verseker dat ons kinders die beste moontlike aandag en ondersteuning regdeur hulle voorskoolse en laerskoolonderrig ontvang. Op die oomblik is daar twee Engelse klasse en een Afrikaanse klas per jaargroep. Daar is plek vir Afrikaanse leerders beskikbaar en plekke vir Engelse leerders gaan nou en dan oop.