Naby

Parkering

Orban het ’n klein parkeerterrein met slegs een hek vir beide in- en uitgang. Die direksie oorweeg verskeie oplossings vir die gevolglike verkeersopeenhopings. Tot tyd en wyl ’n werkbare oplossing gevind kan word, word daar van ouers verwag om die huidige jaar se plakker op hulle windskerm te plak en slegs ouers met so ’n plakker sal in die parkeerterrein toegelaat word vir op- en aflaai-doeleindes. Die parkeerterrein is tussen 8:30 en 13:00 vir veiligheidsredes gesluit en ouers moet asseblief gedurende hierdie ure in die straat parkeer en by die sekuriteitswag inteken.