Naby

Kleuterskool

Gespesialiseerde en gefokusde aandag aan vroeë kinderontwikkeling kweek kinders wat lewenslank nuuskierig, leergierig en vol selfvertroue oor hulle vermoëns is. Orban se voorskoolse aktiwiteite laat jou kind speel-speel ons fassinerende wêreld ontdek en ontwikkel slim klein lyfies. Sommige aktiwiteite is natuurlik eenvoudig suiwer pret. ’n Groot hoeveelheid opvoedkundige besoekers kom vermaak ons kinders elke jaar met instappies soos poppekas, klaskamerteater en oulike praatjies wat spesifiek daarop gemik is om voorskoolse kinders se aandag te trek. Voorbeelde van besoekers sluit die brandweer in wat ons kleuters lag-lag en speel-speel van veiligheid leer, die veearts (met ’n paar diere op tou), die tandarts, en verskeie reisende teatergroepe en kleuterboekbekendstellings.