Naby

Musiek, kuns en drama

Musiek, kuns en drama word vanaf Graad R in ons kurrikulum geïnkoporeer. Elke leerder van Graad 1 tot Graad 7 neem jaarliks aan ’n musiekgroepitem en ’n spreekkooritem by die nasionale Eisteddfod deel. Elke leerder word ook aangemoedig om aan ten minste een individuele item (byvoorbeeld voorbereide lees) deel te neem en baie leerders kies om vir verskeie items in te skryf. Só wen Orbanskool reeds vir die die afgelope 8 jaar in ’n ry – van 2010 tot 2017 – die toekenning vir die skool of instansie met die Beste Algehele Prestasie in die Johannesburg-streek (die streek sluit hoër- en laerskole, sowel as private instansies in en strek so wyd as Johannesburg-Suid, Sentraal en Oos.) Ons ongelooflike dinamiese drama-, kuns- en musiekonderwysers kry dit reg op ’n wyse reg wat verseker dat ons kinders dit geniet om deel te neem en met selfvertroue voor gehore optree. Die kunsdepartement se onuitputbare energie en geesdrif maak nie net seker dat al ons kinders die geleentheid kry om gedurende skooltyd aan hierdie aktiwiteite deel te neem nie, maar dit het ook jaarliks ’n volle, professionele verhoogproduksie tot gevolg, waaraan elke laerskoolleerder deelneem en wat volgens ’n bestaande dramateks geleer en opgevoer word. Voorbeelde sluit in Peter Pan, Fame Jr, Alice in Wonderland, Mulan en meer.

Ons bied 'n jaarlikse kunsuitstalling aan wat die beste van Orban se kuns toon, insluitende minstens een werk deur elke leerder en al die kunswerke wat gedurende die jaar toekennings by die Eisteddfod ontvang het.