Naby

Graad R

Ons Graad R-kindertjies word as die leiers van die kleuterskool beskou en nie as die laerskool se babatjies nie. Hoewel baie van hulle leer steeds deur middel van spel plaasvind, begin dit meer struktuur aanneem en word dit bietjie meer formeel aangebied.

Ons hoofdoel is om vertroue en 'n gevoel van prestasie in elke individu as basis vir toekomstige leer te vestig. Die fokus is dus nie om hulle te leer lees en skryf in hierdie vroeë stadium van die grondslagfase nie, maar om die selfvertroue te leer om te besef dat die wêreld hul oester is. Alles is moontlik.

Jaar na jaar sien ons hoe ons Graad R’re sonder moeite of angs by die laerskool inskakel en met sukses aanhou leer tot in die hoërskool en verder. Hulle vordering is gemaklik en natuurlik.