Naby

Gemeenskapsbetrokkenheid

Mini-stadsraad

Orban is bevoorreg om jaarliks twee Mini-stadsraadslede in Graad XNUMX te kan aanwys wat namens die skool betrokke raak by verskeie liefdadigheidsprojekte. Die Orban-gemeenskap skenk mildelik ten bate van ons mini-raadslede se veldtogte, wat die insamel van komberse gedurende die koue maande insluit, sowel as kos en kouse vir minderbevoorregte kinders, paaseiers om arm hartjies bly te maak, en so meer.

Eeufees-ouetehuis

Orbanskool stel belang in die welvaart van die inwoners by Eeufees-ouetehuis in Westdene. Hierdie eensame en (partymaal) vergete senior burgers het dikwels nie meer familie wat naby woon of kom besoek aflê nie. Die ouetehuis ervaar ook soms voedseltekorte. Orban probeer om die inwoners van hierdie ouetehuis se lewens op te vrolik met inisiatiewe soos koor- en konsertoptredes – gepaardgaande met ’n gesonde iets te ete in die lyn van voedsame groentesop en vars brood – om só hulle lewensgehalte ’n bietjie te verbeter.